BOER
Doen praktiese opleiding saam met industrie-spesialiste.
Lees Meer
LEER
Die kurrikulum is gerig op 2 hoofaspekte vir graad 10 tot graad 12 asook ‘n naskoolse jaar.
Lees Meer
GROEI
Die Reitz Landbou Akademie het ‘n omvattende siening oor die ontwikkeling van die jeug en gaan holisties te werk.
Lees Meer

ONS DOEL

Die Reitz Landbou Akademie het ten doel om ‘n wêreldklas- en unieke landbou-opleidingsinstansie te wees. Die Akademie is beroepsgerig en wil studente met kennis en vaardighede toerus om hul plek volwaardig in te neem in die landbousektor van die ekonomie.


OOR ONS

Die Reitz Landbou Akademie is ‘n nie-winsgewende maatskappy geleë in die Oos-Vrystaatse dorp Reitz, waar akademie gehuisves word deur die Hoërskool Reitz. Dit sluit ook koshuisverblyf in.

PRAKTIES

Die leerplan is baie prakties van aard sodat die student ook praktiese ervaring van boerdery kan opdoen.

Die studente word blootgestel aan boerderypraktyke van beide vee- en gewasboerdery.
Die ontwikkeling van vaardighede met implemente en toerusting word ook ten doel gestel.
Die Akademie stel praktiese werk en ontwikkeling hoog op die agenda en spandeer baie tyd daaraan.

TEORIE

Die kurrikulum word in 2 hoofvakgebiede verdeel.
Die klem is op volhoubaarheid van die landbousektor.
Die klem hier is op data-insameling en -verwerking.
“Om te meet is om te weet.” Dit is belangrik dat studente ook vertroud raak met die nuutste tegnologie.

BOER

Die Akademie het verskeie projekte wat ‘n groot bydrae lewer in die praktiese opleiding van die studente: Bonsmara-stoetontwikkeling Kleinveeboerdery Tonnelverbouing Gewasse-hoofsaaklik graan Kort kursusse van NWU

LEER

Die kurrikulum is gerig op 2 hoofaspekte vir graad 10 tot graad 12, asook ‘n naskoolse jaar. Bewaringslandbou: Die mens en landbou. Die impak van landbou op die omgewing. Status van landbou in Suid-Afrika. Voorbeelde van bewaringslandbousisteme in die wêreld word dan opgevolg deur ‘n hele module wat handel oor grond en verskeie grondtoetse wat gedoen kan word.

GROEI

Die Reitz Landbou Akademie het ‘n omvattende siening oor die ontwikkeling van die jeug en gaan holisties te werk. Aandag word geskenk aan akademiese, kulturele, teoretiese, asook geestelike ontwikkeling, sodat ‘n gebalanseerde produk gelewer kan word.

RAAK BETROKKE

Die Akademie se slagspreuk – “want die toekoms van landbou lê in die jeug” – is vir ons belangrik.

Daar is verskeie maniere om betrokke te raak, hetsy finansieel of skenkings en selfs tyd.
Kontak Jors Kriek by Hierdie e-posadres word teen spambots beskerm. Jy benodig JavaScript geaktiveer om dit te bekyk. of 082 946 9263 en begin die gesprek.

Kontak Ons

Agri fokusjaar 2024 inskrywingsvorm

Laai die Agri fokusjaar 2024 inskrywingsvorm hier af

2024 inskrywingsvorm